Sunday, 15 May 2011

Wat gebeur in skole vandag?

Nadat ek nou vir drie weke by 'n skool geproef het, het ek begin wonder wat word van vandag se jeug.
Dis skool waar ek was se dissipline voel nie vir my effektief nie.  Leerders het nie respek vir mekaar nie, nie vir die onderwysers nie en tien teen een ook nie vir hulself nie.
Is dat wat in meeste skole gebeur vandag?
Elke leerdeer is deeglik bewus van hul menseregte en gebruik dit om uit meeste situasies te kom, maar dissipline en respek ly daaronder.
Ek was 2006 matriek en daar is nooit teen ons menseregte opgetree nie, maar ons het steeds respek vir ons opvoeders en die skoolsisteem gehad.
Is dit so groot probleem soos wat ek dink dit is?

1 comment:

  1. Ek weet presies wat jy bedoel!
    Die skool waar ek was het ook geen respek van die kinders af getoon nie! Hulle het die onderwyser gebackchat, hulle aangevat en selfs gevloek!

    My mening is dat die ouers werk en geskei is en nie omgee oor hulle kinders nie en dit is nie alle werkende of geskeide ouers nie. Dus het hulle dan nie respek vir hulle ouers nie en het dan ook nie respek vir hulle onderwyser nie!
    Nog 'n rede is omdat kinders nie meer pak gegee word nie, ek kan onthou as ek disrespekvol was teenoor my ouers het hulle met my geraas en reggehelp.Dit is waar menseregte nou inkom en alles opneuk!

    Waar gaan die kinders van vandag heen!

    ReplyDelete