Nadat ek nou vir drie weke by 'n skool geproef het, het ek begin wonder wat word van vandag se jeug.
Dis skool waar ek was se dissipline voel nie vir my effektief nie. Leerders het nie respek vir mekaar nie, nie vir die onderwysers nie en tien teen een ook nie vir hulself nie.
Is dat wat in meeste skole gebeur vandag?
Elke leerdeer is deeglik bewus van hul menseregte en gebruik dit om uit meeste situasies te kom, maar dissipline en respek ly daaronder.
Ek was 2006 matriek en daar is nooit teen ons menseregte opgetree nie, maar ons het steeds respek vir ons opvoeders en die skoolsisteem gehad.
Is dit so groot probleem soos wat ek dink dit is?